Janeza Privaat Kelder is geleë naby Bonnievale in die Robertson Wynvallei. Ander omliggende dorpe is McGregor, Swellendam en Montagu. Die Kelder is 180km vanaf Kaapstad.

Die naam Janeza is ‘n samevoeging van Jan en Eza, wat albei groot geword het in hierdie pragtige vallei.

Janeza se parskelder is ingerig om van tyd tot tyd te dien as plaasteater wat ongeveer 100 mense kan akkommodeer. Die proelokaal wat gebruik word vir ontspanning vir die kunstenaars, is gerestoureerde perdestalle en oskrale uit die dertiger jare.